Die Legende van Joop Lekkerloop

Niemand weet waar of wanneer Joop gebore is nie. Dit maak in elk geval nie saak nie. Party sê hy het op die Otter-roete begin. Party sweer hy het vir die eerste keer in die Drakensberge verskyn. Ander hou vol hy het uit die Visrivier-canyon aangestap gekom met ’n sonverbleikte hoed, ’n leë waterbottel in die hand, en ’n glimlag asof hy iets geweet het wat niemand anders geweet het nie.

Niemand stem saam nie.

Party mense sê Joop het elke bekende roete in Suider-Afrika gestap…

Joop was nooit die vinnigste of die sterkste nie, en allermins die mees voorbereide stapper. Trouens, elke stapstorie waarin Joop voorkom, begin gewoonlik met: “Jislaaik, Joop het niks daar verloor nie, maar…”, en eindig op een of ander manier met: “…maar hy het dit tog gemaak.”

Deur die jare het mense iets vreemds opgemerk. Wanneer iemand ’n moeilike staptog voltooi het, het hulle ’n bietjie soos Joop begin klink: Hulle het hulle ’n bietjie minder bekommer. Hulle het minder gekla. Hulle het meer gelag. Hulle het ’n bietjie stadiger geword. Dalk ’n bietjie wyser. En hulle was altyd besig om die volgende roete te beplan.

Beautiful Quiver Tree against the backdrop of Namibia's Fish River Canyon under a clear blue sky.

Party mense sê Joop het elke bekende roete in Suider-Afrika gestap. Ander sê dis onmoontlik. Joop self het glo gesê: “Die truuk is nie om elke roete te stap nie. Die truuk is om die volgende een te stap.”

Niemand weet hoe oud Joop is nie. Elke foto van Joop is uit fokus. Elke beskrywing verskil. Maar almal stem oor drie dinge saam: ’n Verweerde hoed. ’n Rugsak vol herinneringe. ’n Stapstok wat deur duisende kilometers glad gepoleer is.

A hiker traversing a muddy riverbed, showcasing outdoor adventure and exploration.

Wanneer stappers by ’n kruispad staan, sê hulle glo hulle staan voor ’n keuse: Die maklike roete. Of die roete wat Joop sou geneem het. Meeste van die tyd is dit dieselfde roete. Joop laat dit net interessanter klink.

Joop is nie ’n persoon nie. Joop is wat gebeur wanneer ’n stapper leer dat afstand nie alles is nie, dat gemak oorskat word, dat dit die stories is wat die moeite werd is om huis toe te dra, en dat elke roete jou verander. Al is dit net ’n bietjie.

En soos Joop sê,

HAMBA!

Want uiteindelik moet die praat ophou. En die stap moet begin.

Joop het om die slegste moontlike rede ’n legende geword…

Joop het om die slegste moontlike rede ’n legende geword: Hy het altyd die moeiliker pad bly kies. Nie omdat hy dapper was nie. Nie omdat hy ambisieus was nie. Nie omdat hy rekords nagejaag het nie. Bloot net, omdat hy elke keer wanneer hy by ’n kruispad aangekom het, het hy sy ken gekrap, na die rowwer roete gekyk, en gesê: “Ag, kom ons kyk wat daar oorkant is.” En weg is hy.

Mettertyd het die stories vreemder geword. Mense het beweer hulle het Joop op die Otter, in die Drakensberge, op die Camino, in die Visrivier, of op bergpasse ontmoet wat niemand anders gebruik nie. Die vreemde ding was dat elke beskrywing verskil het. Ander baadjie. Ander rugsak. Ander ouderdom. Ander roete. Dieselfde hoed. Dieselfde wandelstok. Dieselfde glimlag.

Die waarheid is dat Joop nooit beroemd geword het nie. Hy het bekend geraak. Elke stapper ontmoet uiteindelik ’n Joop. En as hulle lank genoeg aanhou stap, dan word hulle Joop! ’n Bietjie meer verweerd. ’n Bietjie geduldiger. ’n Bietjie minder geïnteresseerd in gemak. ’n Bietjie meer geïnteresseerd in stories.

Joop het mense juis geïnspireer omdat hy nooit probeer het om iemand te inspireer nie. Hy het nie toesprake gehou nie. Hy het nie selfhelpboeke geskryf nie. Hy het homself nie ’n avonturier genoem nie. Hy het eenvoudig aangehou stap. En mense het dit raakgesien.

Die storie lui dat mense ná elke staptog vir Joop sou vra: “Wat het jy geleer?” En hulle het iets dieps verwag. In plaas daarvan sou Joop gewoonlik iets sê soos: “Pak minder.” Of: “Vat die rivierkruising rustig.” Of: “Moenie ’n weervoorspelling in die Berg vertrou nie.” Mense het gelag. Maar jare later het hulle onthou.

Explore the lush landscapes and flowing river of the Drakensberg Mountain trails.

Joop het nooit beroemd geword nie. Hy het bekend geword.

Wanneer iemand gepraat het oor ’n roete waarvan hulle gedroom het, was daar altyd ’n rede waarom hulle dit nie kon doen nie: Nie fiks genoeg nie, nie genoeg geld nie, te oud, te besig, te onervare. Joop het geduldig geluister. Dan het hy sy skouers opgehaal en gesê: “Wel… begin met die eerste kilometer.” Nie omdat die uitdaging klein was nie. Maar omdat die uitdaging van klein onderdeeltjies opgebou is. Mense het daardie gesprekke verlaat met die wete dat hulle meer kon doen as wat hulle gedink het.

Joop het nooit sukses aan afstand gemeet nie — dit het een van Joop se bekendste beginsels geword. Mense het gespog oor kilometers, hoogteverskil, spoed en rekords. Joop het gevra: “Ja, maar het die roete jou iets geleer?” Vir Joop was ’n 10 km-stap wat jou lewe verander het meer, werd as ’n 1 000 km-stap wat dit nie gedoen het nie. Dis waarom sy volgelinge uiteindelik die gesegde aangeneem het: “Afstand is nie alles nie.”

A person enjoying a warm campfire with bare feet, embracing nature's tranquility.

Joop het die stories gevier. Die meeste stappers het oor pieke, prestasies en statistieke gepraat. Joop het eerder stories vertel oor verdwaal, koffie wat beter geproe het as wat dit eintlik moes, lekkende tente, suiweringstablette, bromponies in canyons en wonderbaarlike gruisvlaktes. Hy het iets belangriks verstaan: Mense vergeet die syfers. Mense onthou die stories.

Joop het roetes beter agtergelaat as wat hy hulle gevind het. Nie net omgewingsgewys nie. Persoonlik ook. As Joop ’n sukkelende stapper ontmoet het, het hy stadiger geloop. As iemand ’n slegte dag gehad het, het hy by hulle gaan sit. As iemand aan hulself getwyfel het, het hy hulle stilweg herinner hoe ver hulle al gekom het. Jare later kon baie stappers nie presies onthou wat Joop gesê het nie. Maar hulle het onthou hoe hulle gevoel het nadat hulle saam met hom gestap het.

Uiteindelik het mense iets besef. Joop het ander nooit geïnspireer deur vir hulle te wys wat hy bereik het nie. Joop het ander geïnspireer deur hulle te help ontdek waartoe hulle in staat was. En dis toe dat Joop opgehou het om ’n persoon te wees en ’n legende geword het. Want elke ervare stapper word uiteindelik iemand anders se Joop.

En so het die ou gesegde ontstaan:

’n Joop is nie die persoon wat die staptog lei nie. ’n Joop is die persoon wat jou help glo dat jy dit kan voltooi.

Meer oor Joop…

Wooden sign warns hikers to stay on the trail in rugged mountainous landscape.

Joop staan vir sekere beginsels. Lees meer daaroor…

A group of people enjoying a campfire in a scenic outdoor setting during twilight.

Sleep ’n stomp nader en deel in die stories wat vertel word.

Die moeite werd hempde. Want dit vertel jou storie.