Joop Lekkerloop se Manifes
Joop Lekkerloop gaan nie net oor stap nie; dit gaan net soveel oor mense. Staptogte is maar net waar ons belangrike lesse leer.
Elke staptog leer ons iets prakties. Dinge soos…
- Geduld.
- Nederigheid.
- Veerkragtigheid (Joop soek nog ’n goeie Afrikaanse woord vir “resilience”).
- Dankbaarheid.
- Perspektief.

Party lesse leer ons vinniger as party ander, maar Joop glo dat hierdie kwaliteite gevier behoort te word. Dit, en dinge soos om…
- ’n Hand by te sit waar dit nodig is.
- ’n Koffietjie te deel.
- Die storie op ’n eerlike manier te vertel.
- ’n Bietjie verder te stap as wat jy dink jy kan.
- Dinge beter agter te laat as wat jy dit gekry het.
’n Joop is nie die sterkste persoon op die staptog nie – dis die persoon wat jy bly is dat hulle daar is!
Joop het ’n paar reëls:
Respekteer die roete.
Die roete skuld jou niks nie.
Nie goeie weer nie.
Nie mooi landskappe nie.
Nie ’n maklike of ’n lekker stap nie.
Respekteer die roete. Respekteer die natuur, en respekteer die mense wat die roete met jou deel – ook dié wat na jou die roete stap. Die roete was voor jou daar, en dis jou verantwoordelikheid om te verseker dat daar ’n roete is nadat jy dit gestap het.


’n Ware leier stap agter.
Leierskap gaan nie oor wie eerste is nie.
Dit is om seker te maak dat almal die roete voltooi.
Die beste leiers:
- Bemoedig.
- Ondersteun.
- Deel kennis.
- Wag wanneer dit nodig is.
Elke staptog het ’n storie! (En dit begin gewoonlik met “Dit was nie deel van die plan nie, maar…”)
Die stories is die rede hoekom ons stap!
Jare nadat ons ’n roete gestap het, onthou ons selde dinge soos die afstand, pas, of die statistieke.
Wat ons wel onthou is dinge soos die mense wat saam gestap het, die verassings (die goeies en die slegtes), die foute wat ons gemaak het, die kampvure, en die oomblike wat ons onherroeplik verander het.
Daarom vier Joop die stories wat mense het om te vertel.


#BeMoreJoop
Om Joop te wees beteken nie jy moet duur toerusting besit, fantastiese avonture hê, of verskriklike afstande stap nie.
Dit is om ’n bietjie…
- Gawer
- Nederiger
- Taaier
- Wyser
…te wees.
Dit beteken dat jy die roete respekteer.
Dit beteken dat jy iemand help.
Dit beteken dat jy die storie vertel.
…en dat jy uiteindelik die wêreld ’n bietjie beter agterlaat as wat jy dit gekry het.




