Joop se winkel – Open binnekort!
Joop bestaan nie werklik as ’n winkel nie, maar Joop lewer kwaliteit T-hempde wat ons ervarings op staproetes deel. Die idee is om aan stappers T-hempde te verskaf wat iets beteken, omdat jy dit self ervaar het! Tans is die winkel nog nie oop nie, maar Joop deel graag van sy ontwerpe met jou: Die Visrivier en die Camino de Santiago reeks. Hierdie is albei baie spesiaal vir Joop. Die hele idee agter Joop Lekkerloop het in werklikheid ontstaan toe Joop begin wonder het oor T-hempde wat hom op die Camino smaakvol sal eien as ’n Suid-Afrikaner, en die geleentheid te skep om ’n geselsie aan te knoop. Dis hoekom die Joop reël sê:
As jy vir Joop sien, dan sê jy dag!
Want jy het al klaar iets in gemeen met die persoon wat daardie hemp dra!
Die Visrivier versameling:

“The Abyss”
Elkeen wat al by Hobas afgesak het in die Canyon in weet: Vir die volgende 85km behoort jy aan die Canyon.

“The Scooter”
’n Ware legende en landmerk in die Canyon! Deesdae is die scooter mooi geverf, maar jare gelede toe Joop die Vis gestap het was dit toe onder die sand en moes uitgegrawe word. (As jy daar was – laat weet vir Joop!)

“Klipspringer”
Daar is drie soorte terrein in die Vis: Los sand, klippe om oor die spring, en Knersvlakte.

“Knersvlakte”
Daar is drie soorte terrein in die Vis: Los sand, klippe om oor te spring, en Knersvlakte. Jy is bly (lees: dankbaar, verheug, ekstaties) wanneer jy by Knersvlakte kom!

“Fish River Sommelier”
Hidrasie is noodsaaklik. Smaak is nie. Almal wat die Vis gestap het, het ’n storie van hoe hulle die water draaglik gekry het.

“Canyon plumber”
Die ander probleem wat mens in die Vis het…

“Five billion stars hotel”
Een van die grootste belonings om die Vis te stap. As jy weet, dan weet jy.

“Destination: Ai-Ais”
Stort. Bed. Koue bier. Pype. Die stories is waar! Nog ’n ander beloning daarvan om die Vis te stap!

“The Camino Jab”
Geen disrespek nie, maar…
Die Camino versameling
T-hempde om gesprekke mee the begin, en die Suid-Afrikaner in jou! Die ontwerpe is geïnspireer deur die stempels wat jy in jou Credencial del Peregrino kry.

“Jislaaik!” v.1
Dag 1: SJPdP na Roncesvalles. Daar is nie ’n ander woord nie.

“Jislaaik!” v.2

“Mamparra!” v.1
Erken dit – dis wat jy jouself êrens op die Camino noem! Ook ’n wonderlike een om ’n gesprek te begin, en ’n lieflike een om vir ’n ander peregrino te verduidelik!

“Mamparra!” v.2

“Voetsek!” v.1
Meer Suid-Afrikaans as dit kan jy nie kry nie!

“Voetsek!” v.2

“Eish!” v.1
Want Galicia.

“Eish!” v.2

“Eina!” v.1
800km gaan dit een of ander tyd aan jou doen!

“Eina!” v.2

“Katel!”
Want dis ’n groot wen om die onderste bed in ’n albergue te kry!

“Celebrate”
Vandag: Santiago de Compostella.

“South African Camino Motivation Department”
Complain. Continue. Compostella.




