Joop Lekkerloop se Manifes

Joop Lekkerloop gaan nie net oor stap nie; dit gaan net soveel oor mense. Staptogte is maar net waar ons belangrike lesse leer.

Elke staptog leer ons iets prakties. Dinge soos…

  • Geduld.
  • Nederigheid.
  • Veerkragtigheid (Joop soek nog ’n goeie Afrikaanse woord vir “resilience”).
  • Dankbaarheid.
  • Perspektief.
Crop anonymous diverse travelers putting backpacks with hiking equipment on ground in forest in daytime

Party lesse leer ons vinniger as party ander, maar Joop glo dat hierdie kwaliteite gevier behoort te word. Dit, en dinge soos om…

  • ’n Hand by te sit waar dit nodig is.
  • ’n Koffietjie te deel.
  • Die storie op ’n eerlike manier te vertel.
  • ’n Bietjie verder te stap as wat jy dink jy kan.
  • Dinge beter agter te laat as wat jy dit gekry het.

’n Joop is nie die sterkste persoon op die staptog nie – dis die persoon wat jy bly is dat hulle daar is!

Joop het ’n paar reëls:

Respekteer die roete.

Die roete skuld jou niks nie.

Nie goeie weer nie.

Nie mooi landskappe nie.

Nie ’n maklike of ’n lekker stap nie.

Respekteer die roete. Respekteer die natuur, en respekteer die mense wat die roete met jou deel – ook dié wat na jou die roete stap. Die roete was voor jou daar, en dis jou verantwoordelikheid om te verseker dat daar ’n roete is nadat jy dit gestap het.

Experience the rugged beauty of mountainous landscapes in Western Cape.
Back view of anonymous people hiking on pathway between green grass near pines rarely growing on slopes of hills during vacation

’n Ware leier stap agter.

Leierskap gaan nie oor wie eerste is nie.

Dit is om seker te maak dat almal die roete voltooi.

Die beste leiers:

  • Bemoedig.
  • Ondersteun.
  • Deel kennis.
  • Wag wanneer dit nodig is.

Elke staptog het ’n storie! (En dit begin gewoonlik met “Dit was nie deel van die plan nie, maar…”)

Die stories is die rede hoekom ons stap!

Jare nadat ons ’n roete gestap het, onthou ons selde dinge soos die afstand, pas, of die statistieke.

Wat ons wel onthou is dinge soos die mense wat saam gestap het, die verassings (die goeies en die slegtes), die foute wat ons gemaak het, die kampvure, en die oomblike wat ons onherroeplik verander het.

Daarom vier Joop die stories wat mense het om te vertel.

A tranquil scene of a waymark on the Camino de Santiago walking route.
Stunning rocky coastline and ocean waves in Tsitsikamma, nature's beauty at its finest.

#BeMoreJoop

Om Joop te wees beteken nie jy moet duur toerusting besit, fantastiese avonture hê, of verskriklike afstande stap nie.

 Dit is om ’n bietjie…

  • Gawer
  • Nederiger
  • Taaier
  • Wyser

…te wees.

Dit beteken dat jy die roete respekteer.

Dit beteken dat jy iemand help.

Dit beteken dat jy die storie vertel.

…en dat jy uiteindelik die wêreld ’n bietjie beter agterlaat as wat jy dit gekry het.

Meer oor Joop…

Dramatic black and white silhouette of a hiker on a mountain trail in Bosnia.

Elke pad begin êrens en het sy legendes. Joop ook.

A group of people enjoying a campfire in a scenic outdoor setting during twilight.

Sleep ’n stomp nader en deel in die stories wat vertel word!

Die moeite werd hempde. Want dit vertel jou storie.